
‘n Waarskuwing oor gevaarlike tsunami-golwe wat uitgereik is nadat ‘n kragtige aardbewing aan die kus van die Solomon-eilande voorgekom het, is gedeeltelik opgehef.
Volgens die Stille Oseaan tsunami-waarskuwingsentrum kan gedeeltes van die kusgebiede van die Solomon-eilande, Vanuatu, Papua Nieu-Guinea, Nauru, Nieu-Caledonië, Tuvalu en Kosrae geraak word.
Die aardbewing van sewe-komma-sewe sterkte het gister in die vroeë oggendure, plaaslike tyd, sowat 70 kilometer van die Solomon-eilande voorgekom.
Volgens berigte het geboue op die eiland Malaita, wat die naaste aan die episentrum was, inmekaargetuimel, maar die skade is nog nie bekend nie.
The post TSUNAMI-WAARSKUWING OPGEHEF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.