Brandbestryders in die sentraal Amerikaanse staat Nicaragua probeer om ‘n reuse brand by die land se enigte olie raffinadery onder beheer te bring.
Die brand het twee dae gelede ontstaan toe een van die vier groot brandstof-tenks by die aanleg in Puerto Sandino ontplof het.
Geen ongevalle is tot dusver aangemeld nie maar inwoners van die dorp is gemaan om weens die gevaar van giftige gasse eerder in hul huise te bly.
The post REUSE BRAND BY OLIE RAFFINADERY appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.