Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

DOODSKIS-VERDAGTES BORGTOG GEWEIER

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Doodskis-verdagtes borgtog geweier

Borgtog is in die landdroshof op Middelburg in Mpumalanga geweier aan die sogenaamde doodskis-beskuldigdes, Theo Jackson en Willem Oosthuizen.

Hulle sal in die tronk in eMalahleni/Witbank bly tot hulle volgende hofverskyning.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het gesê die aanval was rassisties, en dit is duidelik dat daar ‘n groot waarskynlikheid van bloedvergieting sal wees indien hulle op borgtog vrygelaat word.

Jackson en Oosthuizen staan tereg op aanklagte van menseroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Intussen is dit onbekend wat van die doodskis geword het waarin Victor Mlotshwa gedwing is.

Monia Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het buite die landdroshof in Middelburg gesê dit sal in die twee se verhoor duidelik word wat van die kis geword het.

Nyuswa wou nie kommentaar lewer oor hoe ver die polisie se ondersoek in die saak teen Willem Oosthuizen en Theo Jackson gevorder het nie.

The post DOODSKIS-VERDAGTES BORGTOG GEWEIER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!