![Rosestad 100.6 Nuus Fedhealth](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Fedhealth-150x150.jpeg)
Fedhealth Mediese Hulpfonds het aangekondig dat hulle lede van volgende jaar af hulle kroniese medikasie slegs van MediRite en Dis-chem apteke of Pharmacy Direct, per pos, sal kan koop.
Indien lede egter verkies om dit by `n apteek te verkry waar hulle deur die jare `n vertrouensverhouding met hulle aptekers opgebou het, sal hulle met `n bykomende 40-persent heffing gepenaliseer word.
Die Onafhanklike Gemeenskapsaptekersvereniging staan hierdie aankondig teen en doen `n beroep op Fedhealth om weg te doen met geslote aangewese diensverskaffers.
Die Onafhanklike Gemeenskapsaptekersvereniging sê dit is duidelik dat die Raad vir Mediese Skemas nie hierdie ingrypende stap ondersoek het nie.
Die verenigings se ondervoorsitter, Wim Grobbelaar sê die mediese fondse, soos Fedhealth en ander wat vir pasiënte wil voorskryf waar hulle medikasie en mediese sorg moet ontvang, tree nie in belang van hulle lede of die gemeenskapsapteke op nie.
The post FEDHEALTH-LEDE KRY KRONIESE MEDIKASIE SLEGS HIER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.