Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

8% FOOIVERHOGING BY UV

$
0
0
UV ONTKEN GERUGTE VAN 'GEEN KONTAK'

Die Universiteit van die Vrystaat se klasgeld en koshuis- en behuisingsgeld sal in 2017 met agt persent styg.

Die UV sê in ‘n verklaring die raad het op ‘n vergadering Vrydag die begroting vir 2017 goedgekeur, wat ‘n verhoging van agt persent insluit.

Die waarnemende visekanselier, prof. Nicky Morgan sê egter die gemiddelde klasgeld by die universiteit is in meeste gevalle laer as by ander universiteite.

“Die UV-bestuur is bewus van die ekonomiese realiteite in Suid-Afrika, asook die finansiële druk wat huishoudings tans ondervind – Prof Nicky Morgan”

Rosestad 100.6 Nuus Nicky Morgan

Prof. Nicky Morgan

Studente uit arm en werkersklas gesinne sal finansiëel bygestaan word.

Die verhoging is in lyn met aanpassings vir universiteitsfooie wat in September deur die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, voorgestel is.

Die Universiteit van die Witwatersrand het Maandag aangekondig dat klasgelde ook met agt persent sal styg, terwyl die Universiteit Stellenbosch verlede week ‘n soortgelyke aankondiging gemaak het

The post 8% FOOIVERHOGING BY UV appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!