Die Vrystaatse onderwysdepartement moet bykans R 5 miljoen aan agterstallige salarisse aan drie Vrystaatse skoolhoofde opdok nadat die Raad vir Arbeidsverhoudinge in Onderwys, Ravo, hul ontslag uit die werksplek omgekeer het.
Netwerk24 berig Fanie Roeloffze, skoolhoof van die Laerskool Wilgehof, is heraangestel nadat hy in Junie 2013 geskors is toe ’n hele rasseherrie losgebars het oor ’n ou landsvlag en foto’s van ape en Julius Malema wat in ‘n klaskamer van die skool vertoon is.
Corrie van der Walt, wat ná 18 jaar as skoolhoof van die Laerskool Fauna in 2014 ontslaan is nadat hy deur ’n dissiplinêre komitee aan 23 aanklagte van onder meer wanbestuur van die skool se geld skuldig bevind is, ook heraangestel.
Steven Botha, afgedankte skoolhoof van die Thaba Phatsoa Combined School by Tweespruit, wat op 4 Januarie 2013 ontslaan is na sy skuldigbevinding op 70 aanklagte van wanbestuur van die skool se geld, is ook heraangestel.
Ravo het aldrie se ontslag omgekeer omdat daar geen bewyse teen hullle was nie.
The post ONDERWYS SKULD DIÉ SKOOLHOOFDE MILJOENE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.