President Jacob Zuma het volgens bronne op gister se vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, waar ‘n mosie ingedien is dat hy moet bedank, gesê om dit te doen sou beteken hy gee homself oor aan die vyand en dit is iets wat hy nooit sal doen nie.
’n NUK-lid het aan News24 gesê Zuma het daarop gewys dat daar mense is wat hom in die tronk wil sien en dat hulle nie gaan ophou voor dit gebeur nie.
Zuma het glo gesê pogings om hom te onttroon kom al ’n lang pad van oud-president Thabo Mbeki se termyn af.
The post “DAAR IS MENSE WAT MY IN DIE TRONK WIL SIEN” – ZUMA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.