‘n Vliegtuig met 81 mense aan boord – waaronder ‘n Brasiliaanse sokkerspan – het onderweg na die Colombiaanse stad, Medellin, neergestort.
Die stad se internasionale lughawe sê die vliegtuig met 72 passasiers en nege bemanningslede het vroeër uit Bolivië vertrek en het kort voor middernag in ‘n bergagtige gebied naby die stad geval.
Volgens amptenare is daar minstens ses oorlewendes.
Die sokkerspan is van die Brasiliaanse stad, Chapecó, wat môre in ‘n klubtoernooi-eindstryd teen ‘n span van Medellin sou speel.
The post VLIEGTUIG MET BRASILIAANSE SOKKERSPAN STORT NEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.