Die DA het ʼn beroep op president Zuma gedoen om die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shaun Abrahams, se redes waarom hy nie geskors moet word nie, bekend te maak.
Abrahams het gister sy skriftelike voorlegging by die kantoor van die president ingehandig.
DA-woordvoerder Glynnis Breytenbach sê die proses moet deursigtig wees om soveel as moontlik lig te werp op die NVG se besluit om die minister van Finansies, Pravin Gordhan, en twee voormalige SAID-kollegas aan te kla van bedrog, en dit later terug te trek.
Intussen gaan ‘n debat na verwagting vandag in die parlement oor die NVG gehou word.
Die DA het die debat oor, soos dit gestel is, die verpolitisering van die NVG, aangevra.
Die party stel ook ’n privaatlede-wetsontwerp op om die aanstelling van die nasionale direkteur van openbare vervolgings meer demokraties en deursigtig te maak sodat die president nie alleen kan besluit wie in die pos aangestel word nie.
The post ‘MAAK ABRAHAMS SE REDES VIR NIE-SKORSING BEKEND’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.