‘n Man is deur die polisie doodgeskiet nadat hy verskeie mense by die Ohio
State-universiteit in Amerika met ‘n mes aangeval het.
Hy het eers met sy voertuig tussen ‘n klomp voetgangers ingejaag.
Volgens ‘n brandweerwoordvoerder, Rebecca Diehm, is tien beseerdes in die hospitaal opgeneem en een is in ‘n kritieke toestand.
Klasse by die universiteit is vir die res van die dag opgeskort.
The post VSA: VERDAGTE DOODGESKIET NA AANVAL OP STUDENTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.