Die DA gaan die minister van samewerkende regering, Des van Rooyen, vra om dringend in te gryp in Limpopo omdat die raadsvergaderings in twee onbesliste rade, die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit en die Thabazimbi-munisipaliteit, vertraag word.
Die eerste munisipale raadsvergaderings in albei die munisipaliteite is twee keer vandeesweek op kort kennisgewing uitgestel omdat die ANC glo nog nie reg is nie.
Die DA-leier in Limpopo, Jacques Smalle sê dit is die desperate pogings van die ANC om samewerkingsooreenkomste wat die DA met ander partye het, te laat ontspoor.
The post DA VRA VAN ROOYEN OM BY LIMPOPO IN TE GRYP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.