Vier aanklagte, waaronder regsverydeling en korrupsie, word sedert 2012 teen
die hoof van die Valke, luitenant-generaal Berning Ntlemeza, ondersoek.
Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, het dié inligting in antwoord op ’n parlementêre vraag bekend gemaak.
Nhleko het onlangs erken dat hy wetsvereistes omseil het toe hy Ntlemeza verlede jaar aangestel het en dit as ‘n fout bestempel.
Die Burger sê die aanstellig van Ntlemeza sal ook aanstaande maand in die hof uitgedaag word wanneer die Helen Suzman-stigting sy geskiktheid vir dié pos bevraagteken.
The post HOOF VAN VALKE WORD ONDERSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.