Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

ZUMA GAAN FIDEL CASTRO SE BEGRAFNIS BYWOON

$
0
0

Die presidensie het bekend gemaak dat president Zuma die begrafnis
van die voormalige president van Kuba, Fidel Castro, in Havana gaan bywoon.

Hy is Vrydag in die ouderdom van 90 jaar oorlede.

Die presidensie sê in ‘n verklaring Zuma het ook opdrag gegee dat die landsvlag Dinsdag halfmas sal hang.

Die Suid-Afrikaanse vlag by die ambassade in Kuba sal tot 4 Desember halfmas hang.

Verskeie staatshoofde en leiers, waaronder Rusland se president Vladimir
Putin en die Britse eerste minister, Theresa May, het reeds aangekondig dat hulle nie die begrafnis sal bywoon nie en dat die lande op ministersvlak verteenwoordig sal word.

Linksgesinde leiers van regoor Latyns-Amerika sal dit egter bywoon.

Juanita Castro – Fidel se suster – wat vir langer as 50 jaar in ballingskap in Miami, Amerika, woon, sê ondanks haar persoonlike familiehartseer, sal sy nie die begrafnis bywoon nie, omdat haar geloof in vryheid sterker is.

The post ZUMA GAAN FIDEL CASTRO SE BEGRAFNIS BYWOON appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!