Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

OPPOSISIE-PARTYE KRITISEER VS LUR

$
0
0

Die Vrystaatse LUR vir finansies word skerp deur opposisie-partye gekritiseer
oor die miljoene rande wat met die bekendmaking van die 2016-aansuiweringsbegroting vir die premierskantoor opsy gesit is.

Netwerk24 berig die LUR, Elzabe Rockman, het onthul die provinsiale departement van finansies begroot om ongeveer R31 miljoen aan die premierskantoor beskikbaar te stel.

Dit sluit in R2 miljoen wat vir die logistieke afdeling van die departement van polisie, paaie en vervoer in Harrismith bestem was, asook R13 miljoen wat vir provinsiale kommunikasie bestem was.

Die onderskeie departemente in die plaaslike regering sal baat vind by die algehele bedrag van R257 miljoen wat vir aanwending in die 2016-’17-boekjaar beskikbaar gestel is.

Die departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het ’n bykomende R25,4 miljoen ontvang wat R8,5 miljoen aan Macufe insluit.

Dit bring Macufe se begroting op ’n geskatte R45 miljoen te staan.

The post OPPOSISIE-PARTYE KRITISEER VS LUR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!