Woonbuurte in die suide van Bloemfontein ervaar tans `n ernstige watertekort.
Hospitaalpark, Fauna, Uitsig en Fleurdal het op die oomblik `n lae waterdruk of selfs geen water in hulle krane nie.
Fichardtpark word die ergste geraak.
Rossouw Botes van die DA sê die knelpunt met watertoevoer na die opgaardamme is uitgesorteer, maar die munisipaliteit is nou op die soek na die onderbreking die toevoer na die woonbuurte.
Hoewel die Brandkop-opgaardam goed volloop, vloei die water nie na die woonbuurte uit nie.
Die munisipaliteit gaan waarskynlik deur die loop van die dag watertenkwaens in die geraakte woonbuurte voorsien.
The post WOONBUURTE IN BFN SONDER WATER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.