Die DA gaan president Jacob Zuma se aansoek teenstaan dat ‘n hof die voormalige Openbare Beskermer se verslag oor staatskaping in hersiening neem.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê Zuma gebruik hofsake as vertragingstegniek om aanspreeklikheid te ontduik.
EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi sê die enigste rede waarom Zuma dit doen, is omdat hy nie tevrede is met die aanbevelings nie en hy nie ondersoek wil word nie.
UDM-leier Bantu Holomisa sê hy is nie verbaas oor Zuma se besluit nie, want hy is die meester van vertragingstaktiek.
The post STAATSKAPING: DA TEEN ZUMA SE AANSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.