Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

DELE VAN BFN STEEDS SONDER WATER

$
0
0

Groot dele van Bloemfontein is vandag nog sonder kraanwater, nadat Bloemwater vermoedelik nie betyds genoegsame skoon water in die Brandkop opgaardam kon pomp nie.

Dit kom nadat troebel water vermoedelik vanaf die Caledon-rivier in die Bloemfontein herleidingstelsel beland het.

Die watervoorsiener kon na bewering nie betyds die water filtreer nie.

Die gebiede in die stad wat óf geen water het óf `n lae waterdruk in krane ervaar, is gedeeltes van Pellisier, Lourierpark, Ferreira, Kwaggafontein, `n gedeelte van Langenhovenpark, en moontlik Universitas.

Hoewel die water waarskynlik nie helder is nie, het Bloemwater inwoners verseker dat dit veilig is vir menslike gebruik.

Watertenkwaens word ook vandag na die onderskeie woonbuurte gestuur om inwoners van genoegsame water vir huishoudelike gebruik te voorsien.

Die situasie word streng gemonitor en Bloemwater werk onverpoosd om dit te herstel.

The post DELE VAN BFN STEEDS SONDER WATER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!