Die herverkose burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, sê die munisipale verkiesing het die begin van ’n nuwe tydvak in die land se geskiedenis ingelui – ’n tyd waarin die land as ’n demokrasie volwasse begin word.
Die Kaapse stadsraad was gister die eerste metro wat ná die verkiesing vergader het om sy burgemeester te verkies en in te huldig.
De Lille het volgens Die Burger gesê die verkiesing het gewys kiesers verwerp politiekery wat gegrond is op verdeeldheid, rassisme en goedkoop truuks.
The post “Die verkiesing het ‘n nuwe tydvak in die land se geskiedenis ingelui” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.