Die ANC het die Grondwet Hof se beslissing teen die DA-aansoek oor Suid-Afrika se onttrekking van die Internasionale Strafhof verwelkom.
Die DA het aansoek gedoen dat die beslissing ter syde gestel moet word.
Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa, het die DA se voortgesette pogings om die politieke proses te omseil, veroordeel.
Hy verwerp die uitsprake dat Suid-Afrika se onttrekking aan die hof daarop neerkom dat hy die vergrype van menseregte in Afrika goedkeur.
Die besluit is geneem na verskeie hofbevindinge dat die regering die wet oortree het toe hy die Soedanese president, Omar al-Bashir in Junie verlede jaar toegelaat het om die land te verlaat.
The post STRAFHOF: ANC VERWELKOM BESLISSING TEEN DA-AANSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.