Die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, het die polisiekommissaris in Mpumalanga gevra om die bewerings wat in ’n Al Jazeera-dokumentêr gemaak word oor sy beweerde verbintenis met die onwettige handel van renosterhorings, te ondersoek.
Hy sê in ‘n verklaring die bewerings as ongegrond en lasterlik.
Al Jazeera berig in die program dat Mahlobo glo noue bande het met ’n Sjinese man wat een van die sleutelfigure in die onwettige handel in renosterhoring is.
Cope se woordvoerder, Dennis Bloem, het vanoggend in ’n verklaring gesê die bewerings kan nie ligtelik opgeneem word nie.
Hy sê dié party wil hê president Jacob Zuma moet die bewerings laat ondersoek en Mahlobo skors hangende die uitslag daarvan.
The post RENOSTERHORINGS: MAHLOBO VRA VIR ONDERSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.