Een van pres. Jacob Zuma se vroue is formeel deur die nasionale vervolgingsgesag, die NVG, ingelig dat sy ’n verdagte is in ’n vermeende komplot om hom te vermoor.
Nompumelelo Ntuli is in Januarie verlede jaar uit Nkandla geskop nadat sy glo deel was van ‘n komplot om Zuma te vergiftig.
Volgens haar regsverteenwoordiger, Ulrich Roux, het adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, aangedui het dat sy een van die verdagtes in die aangeleentheid is.
Hy het die NVG aangemoedig om die klagte voor die hof te bring sodat Ntuli behoorlik verdedig kan word.
Tans val navrae aan die polisie en die NVG oor die saak volgens Roux op dowe ore.
Netwerk24 berig adv. Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê geen vervolgingsbesluit sal met die publiek bespreek word nie.
The post GIFKOMPLOT: ZUMA SE VROU ‘N VERDAGTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.