Ds. Bertie Haasbroek, tentmaker-leraar by die NG kerk Universitas in die stad, herstel goed nadat hy in ’n botsing betrokke was.
Haasbroek is die afgelope Sondagaand na die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein gehaas.
Hy het in Melvillerylaan van College Square se kant af oor ’n groen verkeerslig gery toe ’n voertuig van regs oor ’n rooi verkeerslig teen hom vasgery het.
Volgens die hospitaal se woordvoerder, Barbara Steenkamp, het Haasbroek in die ongeluk veelvuldige frakture opgedoen en is hy gistermiddag laat ’n tweede keer geopereer.
Hy word steeds in die waakeenheid behandel, maar sy toestand is stabiel.
The post DS. HAASBROEK HERSTEL GOED NA BOTSING IN BFN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.