Stakende Telkom-werkers het ontken dat hul betrokke was by enige sabotasie van die maatskappy se netwerk landwyd.
Telkom se groephoof, Sipho Maseko, het gister ’n beloning van R500 000 uitgeloof vir inligting oor die sabotasie van verskeie Telkom-geriewe regoor die land.
Die president van die kommunikasiewerkersvakbond, Clyde Mervin, sê hulle is nie bewus van enige sabotasie nie.
Telkomwoordvoerder Jacqui O’Sullivan het vanoggend in ‘n verklaring gesê optiese-veselkabels is gesny en die misdadigers het geweet wat hulle doen.
The post STAKENDE TELKOM-WERKERS ONTKEN SABOTASIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.