‘n 18-Jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moorde op ‘n gesin
van De Aar.
‘n Woordvoerder van die Noord-Kaapse polisie, luitenant Olebogeng Tawana, sê die 40-jarige Gladwyn Makaleni, sy 38-jarige vrou Gladys en hul 10-jarige seun Winston is Saterdag in die vroeë oggendure in hul huis aangeval.
Gladwyn en Gladys was werknemers van die provinsiale onderwysdepartement se distrikskantoor.
The post GESIN VERMOOR: MAN (18) GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.