Water gaan vanaf vandag uit die Sterkfonteindam in die Vrystaat vrygelaat
word in ‘n poging om waterreserwes in Gauteng aan te vul.
Die Departement van Waterwese sê die dalende vlakke van die Vaaldam het die departement genoop om van sy reserwes te gebruik.
Die Sterkfonteindam buite Harrismith sal verhoed dat die Vaaldam se vlak onder 25% daal.
Waterbeperkings is in verskeie munisipaliteite verskerp te midde van die voortslepende droogte.
‘n Woordvoerder van die departement, Sputnik Ratau, sê nog reën word vanaf middel November en die einde van Desember verwag.
The post STERKFONTEINDAM VUL WATERRESERWES IN GAUTENG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.