Die Valke het ontken dat die adjunk-minister van Finansies, Mcebisi Jonas,
die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, en die party se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, ondersoek word.
Die Valke se woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi, ontken dat hy enige ondersoek teen dié drie aan die Sunday Times bevestig het.
Volgens die koerant word die drie ondersoek omdat hulle nie Jonas se bewering dat die Guptas hom R600 miljoen en ’n ministerspos aangebied het, by die polisie aangemeld het nie.
The post VALKE ONTKEN ONDERSOEK TEEN 3 ANC-LEDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.