Politieke partye en die publiek het die reg om die verslag wat adv. Thuli Madonsela, die vorige openbare beskermer, oor staatskaping opgestel het te sien.
So het die DA, die EFF, die UDM, Cope en die voormalige ANC-LP en fluitjieblaser Vytjie Mentor, vanoggend in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer toe hulle aansoek gedoen het om as partye toe te tree in die saak wat pres. Jacob Zuma en twee ministers teen die Openbare Beskermer gebring het.
Zuma en die ministers Des van Rooyen en Mosebenzi Zwane wil ’n interdik bekom om die uitreiking van Madonsela se finale verslag oor staatskaping te keer.
The post “PARTYE EN PUBLIEK HET REG OM VERSLAG TE SIEN” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.