Verdeeldheid oor Afrika se posisie ten opsigte van die Internasionale Strafhof het duideliker geword tydens ‘n debat oor die Strafhof se jaarverslag wat in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gelewer is.
Talle Afrika-lande het hulle tydens die ope debat geskaar by lande in Europa, Asië en Latyns-Amerika en hul voortgesette steun toegesê aan die Strafhof.
Sommige lande het ook hul teleurstelling uitgespreek oor Suid-Afrika en ander lande se aankondiging dat hulle hul aan die Statuut van Rome gaan onttrek, terwyl die Strafhof Kenia en Burundi die skerpste veroordeel het.
Suid-Afrika het nie aan die debat deelgeneem nie.
Die VN-sekretaris-generaal, Ban Ki-Moon het President Jacob Zuma die naweek in ‘n telefoniese gesprek probeer oorreed om die besluit te heroorweeg.
The post STRAFHOF: VERDEELDHEID OOR AFRIKA SE POSISIE WORD DUIDELIK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.