Die ondersoekbeampte in die Springs-saak sal vandag voortgaan met sy getuienis in die Pretoriase Hooggeregshof.
Die egpaar van Springs word daarvan aangekla dat hulle hul vyf kinders vir meer as tien jaar mishandel het.
Hulle word onder andere aangekla van poging tot moord, kindermishandeling en -verwaarlosing en dwelmbesit.
Die pa word ook aangekla van die herhaaldelike verkragting en seksuele aanranding van sy oudste dogter.
Die ma het in haar pleitverduideliking gesê dat sy magteloos was en haar kinders nie kon beskerm nie, omdat sy ook ‘n slagoffer was.
Die egpaar het onskuldig gepleit op die aanklagte.
The post SPRINGS-SAAK GAAN VOORT MET GETUIENIS VANDAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.