President Jacob Zuma sal nie vandag in die Hooggeregshof in Pretoria teenwoordige wees waar ‘n aansoek om ‘n interdik gebring word om die bekendmaking van ‘n verslag oor staatskaping te verhoed nie.
Die verslag is deur die vorige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela opgestel.
Daar is ‘n sterk polisieteenwoordigheid buite die hof en snuffelhonde het ook die hofsaal deursoek.
Ministers Des van Rooyen en Mosebenzi Zwane bring ook aansoeke om te keer dat die inhoud van die verslag openbaar gemaak word.
Opposisiepartye staan hulle aansoek teen.
The post STAATSKAPING: ROLSPELERS IN DIE HOF VANDAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.