’n Man is gister dood in ’n vliegtuigongeluk in ‘n bergagtige deel van die Wes-Kaap.
Die uitgebrande wrak van die vliegtuig is in die Keerboskloofgebied in die omgewing van De Doorns ontdek.
Die liggaam van die vlieënier, ‘n man in sy 20’s, is naby die vliegtuigwrak aangetref.
Die Burgerlike Lugvaartowerheid het reeds met ‘n ondersoek begin.
The post WES-KAAP: MAN STERF IN VLIEGTUIGONGELUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.