‘n 32-jarige verdagte sal na verwagting vanoggend in die Ventersdorpse Landdroshof in Noordwes verskyn op ‘n aanklag van moord op ‘n boer, wat die plaas oorgeneem het by die voormalige AWB leier, Eugene Terre’Blanche.
Terre’Blanche is in 2010 op dieselfde plaas vermoor.
Die polisie sê die slagoffer se bakkie is op Hartbeesfontein naby Klerksdorp in Noordwes opgemerk.
Die verdagtes het uit die bakkie gespring en te voet gevlug toe hulle die polisie gewaar het.
Een van die verdagtes is met behulp van die gemeenskap aangekeer.
Twee ander is nog op vrye voet.
Die motief vir die moord is nog onbekend aangesien niks van die plaas geneem is nie.
Die verdagte het na bewering voorheen op ‘n plaas naby Ventersdorp gewerk.
The post VROU VERMOOR OP ET-PLAAS: VERDAGTE IN HOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.