Die Minister van Justisie, Michael Masutha sê die omstrede regter, Nkola Motata, is steeds op spesiale verlof met volle betaling.
Masutha het die inligting bekendgemaak in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die Vryheidsfront Plus.
Motata is al vir ‘n ongelooflike nege jaar op spesiale verlof, ondanks aanbevelings dat hy van die rol geskrap word.
Hy is skuldig bevind op aanklagte van dronkbestuur nadat hy in Sandton teen ‘n muur vasgery het.
Masutha sê die Regterlike Dienskommissie het klagtes teen Motata na die Regterlike Gedragstribunaal verwys.
Motata het egter ‘n aantal aansoeke gebring om die wettigheid van die ondersoek uit te daag.
Motata is byna R14 miljoen betaal sedert hy in 2007 geskors is.
The post REGTER MOTATA IS STEEDS OP BETAALDE VERLOF NA 9 JAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.