Die DA sê hy sal beswaar aanteken teen die SAUK se beweerde versoek om sy lisensievoorwaardes te wysig sodat hy nie vereis word om nuus tydens spitstyd uit te saai nie.
Die party sê hy sal die beswaar aanteken wanneer die reguleerder OKOSA vandag voor die Parlement se Portefeuljekomitee oor Kommunikasie verskyn.
Die DA sê die SAUK het die versoek verlede week aan OKOSA voorgelê, nadat E-TV ‘n soortgelyke versoek ingedien het.
Die openbare uitsaaier het volgens berigte gevra dat alle gratis televisiekanale die geleentheid gegun word om te besluit of hulle nuus tydens spitstyd wil uitsaai.
Die DA se skaduminister vir kommunikasie, Phumzile van Damme, sê dit sal beteken dat Suid-Afrikaners wat nie satelliettelevisie kan bekostig nie, nie die geleentheid sal hê om nuus tydens spitstyd te kyk wanneer meeste Suid-Afrikaners TV kyk nie.
The post DA GAAN BESWAAR AANTEKEN TEEN SAUK SE VERSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.