Inwoners van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga sal van vandag af verligting ervaar na ‘n intense hittegolf die laaste paar dae oor die gebied.
Die hittegolf sal egter vandag nog voortduur in die Vrystaat en die Noordwes.
Die Suid-Afrikaanse Weerburo sê die baie hoë temperature in sommige dele het stoom verloor en dat dit nie ongewoon is om hierdie tyd van die jaar hittegolwe te ervaar nie.
‘n Hittegolf kom voor wanneer die maksimum temperatuur vir drie agtereenvolgende dae vyf of meer grade hoër is as die gemiddelde maksimum temperatuur van die warmste maand vir die spesifieke weerstasie.
Owerhede het intussen Suid-Afrikaners gewaarsku om water verantwoordelik te gebruik.
The post HITTEGOLF VERLOOR STOOM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.