Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“ABRAHAMS IS NIE GESKIK OM ADVOKAAT TE WEES NIE”– EFF

$
0
0

Die Ekomiese Vryheidsvegters, die EFF, wil hê advokaat Shaun Abrahams moet van die rol van advokate geskrap word.

Dit volg nadat Abrahams, wat die nasionale direkteur van openbare vervolging is, alle klagte, waar onder bedrog, teen die minister van finansies en twee voormalige senior amptenare van die Inkomstediens laat vaar het.

Die EFF het in ‘n brief aan die Algemene Balieraad aangevoer dat Abrahams nie bevoeg of geskik is om ’n advokaat te wees nie.

Dit is juis Abrahams wat later uitspraak moet lewer oor die gros aanklagte wat teen pres. Jacob Zuma ingestel is.

Die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Matthews Phosa, sê intussen president Jacob Zuma behoort persoonlik verantwoordelikheid te aanvaar vir die onlangse besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag om die minister van finansies, Pravin Gordhan, te vervolg.

Phosa sê Zuma moet ophou om aanspreeklikheid aan ondergeskiktes te delegeer.

Hy sê Zuma is besig om ‘n kultuur van immuniteit te skep en dit is tyd dat hy self verantwoordelikheid begin aanvaar.

The post “ABRAHAMS IS NIE GESKIK OM ADVOKAAT TE WEES NIE” – EFF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!