Die aanklagte van bedrog teen die minister van Finansies, Pravin Gordhan, die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse inkomstediens, Oupa Magashula, en die voormalige adjunk-kommissaris, Ivan Pillay, is teruggetrek.
Die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shaun Abrahams, het op ‘n nuuskonferensie in Silverton, Pretoria, gesê hy het opdrag gegee dat die aanklagte teruggetrek word.
Hy het onder meer gesê dit was nie sy besluit om Gordhan te vervolg nie.
Die rand het feitlik onmiddellik nadat die nuus oor Gordhan bekend geraak het, teenoor die dollar verstewig tot sy beste vlak in vier weke.
The post AANKLAGTE TEEN GORDHAN IS TERUGGETREK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.