Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen, wil weer die openbaarmaking van advokaat Thuli Madonsela se finale verslag oor staatskaping verbied.
Volgens die eNCA-nuuskanaal het Van Rooyen vanoggend weer ‘n dringende aansoek om ‘n hofbevel by die Noord-Gautengse hooggeregshof ingedien om die uitreik van die verslag te verbied.
Die aansoek sal môre aangehoor word.
The post VAN ROOYEN TEEN OPENBAARMAKING VAN VERSLAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.