Die Mathjanbeng-munisipaliteit sal vandeesweek moontlik voortgaan met sy Operasie Betaal Terug, of Patala.
Die munisipaliteit sê hy sal voortgaan om dienste soos water en elektrisiteit af te sny by diegene wie se gesamentlike skuld reeds miljarde rand beloop.
Die munisipaliteit het verlede week reeds dienste na die plaaslike binnelandse sake-kantoor en verskeie skole gestaak as deel van ‘n veldtog om meer as R2 miljard se skuld in te samel.
Die woordvoerder van Mathjabeng-munisipaliteit, Kgojane Matutle, sê inwoners, besighede en regeringsdepartemente sal geteiken word.
Matutle sê die munisipaliteit beplan om reeds teen Januarie 2017 soveel as die helfde van die R2 milrad se skuld met Operasie Patala in te samel.
The post OPERASIE PATALA SAL MOONTLIK VOORTGAAN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.