Die saak teen die sogenaamde Springs-monster wat sy kinders na bewering jare lank in die sogenaamde “huis van gruwels” mishandel het en sy vervreemde vrou, word vanoggend in die Hooggeregshof in Pretoria hervat.
Hulle staan op verskeie ernstige aanklagte tereg waaronder poging tot moord en kindermishandeling.
Die name van die man en vrou word nie bekend gemaak nie om die privaatheid van hul kinders te beskerm.
The post HUIS VAN GRUWELS: HOFSAAK HERVAT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.