Duisende mense in sentraal-Italië het die nag in motors, tente en tydelike huisvesting deurgebring ná gister se vierde aardbewing in die streek in drie maande.
Die skudding van 6,6 sterkte het naby die gebied voorgekom waar 300 mense in Augustus in ‘n aardbewing dood is.
Sover bekend is niemand gister dood nie, maar ongeveer 20 mense is beseer in die omgewing van die dorp, Norcia, waar die episentrum van die aardbewing was.
The post ITALIë: DUISENDE SLAAP IN TYDELIKE HUISVESTING NA AARDBEWING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.