Die ANC-beheerde Mangaung Metro se geldsake is dalk beroerd, maar dit het nie verhoed dat die Vrystaat se premier, Ace Magashule, ‘n eiland-vakansie as geskenk aan die uittredende Vrystaatse polisiehoof, lt.genl. Tabethe Mpembe oorhandig nie.
Mpembe tree vandag uit met lt.genl. Jacob Tsumane wat by hom oorneem.
Netwerk24 berig Magashule het Vrydag op die afskeid-geselligheid vir Mpembe en sy vrou, Esther, met ’n reis na die Portugese eiland Madeira verras sodat hy kan gaan uitrus.
Die geskenk is deur Sam Mashinini, nuwe LUR vir polisie, paaie en vervoer, namens Magashule, wat die geselligheid bygewoon het, aan Mpembe oorhandig.
Butana Komphela, voormalige LUR vir polisie, paaie en vervoer en nou die LUR vir gesondheid, het aan Mpembe ’n groot, gemaklike stoel gegee.
Die metro skuld miljoene rande aan kontrakteurs vir werk wat aan die stad se infrastruktuur verrig is.
The post MAGASHULE GEE EILAND-VAKANSIE AAN POLISIEHOOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.