Amptenare van Bloemfontein Celtic het gewaarsku dat die volgende sokkerwedstryde agter geslote deure gespeel kan word.
Dit volg nadat geweld uitgebreek het in die Dr. Petrus Molemela-stadion in Bloemfontein.
Ondersteuners het bottels na die veld geslinger, brande gestig en stoele gebreek na die span teen Wits met 2-1 verloor het.
Hulle het ook gedreig om die span se bus aan die brand te steek.
Die polisie en veiligheidsbeamptes moes ingryp toe ondersteuners op die veld wou storm.
Celtic kon nog net vyf van die laaste 31 wedstryde wen.
Die afrigter, Serame Letsoaka het intussen die trekpas gekry.
The post ‘SOKKERWEDSTRYDE KAN AGTER GESLOTE DEURE GESPEEL WORD’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.