Die polisie in Limpopo het bevestig dat ʼn derde verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n boer Dinsdagaand op sy plaas buite Louis Trichardt.
Die 62-jarige Hennie Bonnema is vermoedelik by die elektroniese skuifhek na sy plaas ingewag en met ‘n skerp voorwerp doodgesteek toe hy omstreeks negeuur die aand teruggekeer het nadat hy by sy suster, Marina Truter, op ’n nabygeleë plaas gaan eet het.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Moatshe Ngoepe, sê beslag is gelê op verskeie items wat uit Bonnema se huis gesteel is.
The post BOER DOODGESTEEK: DERDE VERDAGTE GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.