Die DA se skaduminister vir finansies, David Maynier, sê die regering het miljoene rand vermors op die aankoop van nuwe voertuie in ’n tyd van groot geldnood.
Hy sê dit sluit ’n nuwe ministeriële voertuig van sowat R1,97 miljoen vir ‘n adjunk-minister in die presidensie, Buti Manamela, in, asook ‘n nuwe ministeriële voertuig vir die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, van sowat R1,72 miljoen.
Twee nuwe ministeriële voertuie is ook vir die minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, teen ’n geraamde koste van R3 miljoen aangekoop.
The post “REGERING MORS GELD OP NUWE VOERTUIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.