Ses mans is gisteraand en vanoggend in twee afsonderlike padongelukke in die Vrystaat en die Wes-Kaap dood.
Drie mans is in die vroeë ogendure dood in ‘n trompop-botsing tussen twee bakkies op die N1 sowat ’n kilometer buite Edenburg in die Vrystaat.
Al drie mans, wat die enigste insittendes was, is op die toneel dood.
Drie mans is gisteraand dood in ‘n botsing reg van voor tussen twee voertuie op die R44 naby Wellington in die Boland.
Volgens die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, is nog drie mense in die ongeluk beseer
The post 3 DOOD IN TROMPOP-BOTSING IN VS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.