’n Boere-egpaar van Bethal in Mpumalanga, Hein en Corné Barnard, het skade van tussen R800 000 en R900 000 gely nadat 91 beeste op hul plaas vergiftig is.
Die beeste was in ‘n kamp sowat 100 meter van die plaashuis af.
Barnard sê sinksulfietgif is in die Beefmaster-beeste se voer gevind.
’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak.
The post 91 BEESTE VERGIFTIG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.