Die voormalige adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke, het gevra dat ‘n onderhandelingsforum, oftewel ‘n CODESA vir hoër onderwys, deur die burgerlike samelewing geskep moet word om aandag aan die universiteitskrisis te gee.
Hy sê die staat het nie aan studente ‘n geloofwaardige oplossing vir hul eise aangebied nie, en dat studente nie kan wag vir die bevindings van die kommissie wat klasgeld ondersoek nie.
Moseneke het ook gevra dat studente hulle moet weerhou van geweld tydens hulle veldtog vir gratis onderrig, omdat die huidige geweld onaanvaarbaar is en skade gaan doen aan die geloofwaardigheid van hul veldtog.
The post ‘SKEP CODESA VIR HOëR ONDERWYS’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.