Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

JA-NEE-ONS AFRIKANERSKAT

$
0
0

Ja-nee.

Almal gebruik dié uitdrukking.

“Ja-nee. So gaan dit maar.”

As my geheue van eerste jaar Afrikaans-Nederlands my nie in die steek laat nie, noem mens dié tipe taalgebruik fatiese kommunikasie, wat ten doel het om ‘n gevoel of atmosfeer van samehorigheid en gedeelde belang te skep. Dit dra egter geen bruikbare inligting oor nie.

Ja-nee. Dit is nou ‘n mondvol.

Vir alle praktiese doeleindes, is ja-nee die spyker in die kis en die koeël deur die kerk.

As amen ‘mag dit so wees’ vra, bevestig ja-nee (meestal met respek) ‘dit is so.’

Ja-nee is rou en eerlik. Dit bring hoop én hou ons voete op die aarde.

Die glas half vol én half leeg.

Dit is een van ons Afrikaner volksmond-skatte.

Ja-nee, as jy nie weet hoe om ‘n sin te begin nie.

Ja-nee, as jy nie weet hoe om jou sin te eindig nie.

Ja-nee, as jy eintlik nee bedoel, maar nie altyd nie negatief wil klink nie.

Ja-nee, as jy iets wat jy lankal weet wil bevestig, want niemand luister na jou nie. Dan kan jy sommer ‘ja, nee’ met ‘lekker’ by, want dan woord dit onbetwisbaar.

rosestad-100-6-die_heuwels_fantasties-ja_nee_lekker

En hoe ouer jy is en hoe meer kraak in die stem, hoe méér krag het jou ja-nee.

Dink aan die boer wat op die stoep sit en starend na die droë Karoolande met ‘n pyp in sy mond vir Mamma sê: “Ja-nee.”

Sy antwoord empaties, simpatiek en bevestiggend terug “Ja, Pappa. Ja-nee.”

“Ja-nee, dit is droog.”

Die diep sug vóór en die dramatiese stilte ná die uitspreek van ja-nee is ewe belangrik om die gevoel van samehorigheid te versterk, soos die stilte na ‘n amen van ‘n kragtige gebed aan tafel waarna almal huiwer om te begin eet.

Beter nog. Dit is Afrikaans-eie, want ja-nee kan nie vertaal kan word nie. Selde sal jy hoor engels verwys na “yes, no.” Dit sal eenvoudig banaal klink. Sover ek weet kan nét Afrikaans twee teenoorgestelde en opponerende gedagtes, een positief en die ander negatief, met vrug saamsnoer om ‘n emosie te wek wat nét óns kan verstaan.

Want, ja-nee bevestig ons geloof in iets en Iemand groter as ons, maar ons erken ook dat daar baie is wat ons nie verstaan nie en waaroor ons nie beheer het nie.

So, ja-nee voort, want net ons kan op so ‘n manier tegelyk kla en dankbaarheid uitspreek.

Ja-nee verstaan.

The post JA-NEE-ONS AFRIKANERSKAT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!