Die DA-leier Mmusi Maimane het die geweld wat gister tydens ‘n sitting van die Nelson Mandelabaai Metroraad uitgebreek het, skerp veroordeel.
Twee raadslede is hospitaal toe gejaag.
Een van hulle is ‘n DA-raadslid wat ‘n ernstige kopwond opgedoen het.
‘n Hewige debat het gewoed en raadslede het mekaar met waterbekers en glase bygedam.
‘n Veiligheidswag het waarskusingskote afgevuur om die situasie onder bedwang te bring.
Maimane sê die gedrag van ANC-lede is betreurenswaardig en strook nie met die waardes van ‘n rewolusionêre party nie.
Hy het gesê die misdadige optrede kan nie geduld word nie.
The post GEWELD TYDENS SITTING SKERP VEROORDEEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.